Parlement van Suid-Afrika


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings
Gebou van die Parlement in Kaapstad, setel van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies.

Die parlement van Suid-Afrika (Engels: Parliament of South Africa, Noord-Sotho: Palamente ya Afrika-Borwa, Suid-Ndebele: iPalamende yeSewula Afrika, Suid-Sotho: Palamente ya Afrika Borwa, Swazi: iPhalamende yeNingizimu Afrika, Tsonga: Palamende ra Afrika Dzonga, Tswana: Palamente ya Aforika Borwa, Venda: Phalamennde ya Afurika Tshipembe, Xhosa: Palamende yomZantsi Afrika, Zoeloe: iPhalamende yaseNingizimu Afrika) is die nasionale parlement van Suid-Afrika. Dit is die land se wetgewende gesag en bestaan tans uit twee kamers:

  • 'n Laerhuis: die Nasionale Vergadering (National Assembly) bestaande uit 400 lede. Die Nasionale Vergadering is in 1994 in die lewe geroep.
  • 'n Hoërhuis: die Nasionale Raad van Provinsies (National Council of Provinces) bestaande uit 90 lede. Die Nasionale Raad van Provinsies is in 1997 in die lewe geroep en vervang die vorige Senaat as hoërhuis.

Die parlement van Suid-Afrika is in Parlementslaan in Kaapstad geleë. Die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika is egter Pretoria (sien Uniegebou), terwyl die regterlike mag in Bloemfontein gesetel is (sien Appèlhof van Suid-Afrika). Die Parlementsgebou is 'n Suid-Afrikaanse Erfenisterrein.[1]

Naby die Suid-Afrikaanse parlementsgebou is Tuynhuys, setel vir die President van Suid-Afrika in Kaapstad, en die Kompanjiestuin geleë.

  1. "SAHRA declares SA Parliament a National Heritage Site" (in Engels). Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap. 6 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2018. Besoek op 20 Januarie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search